0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (15)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 16 of 16 matches in All Departments

Speurder Kwaaikofski 7: Speurder Teen Speurder (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 7: Speurder Teen Speurder (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Illustrated by Ralph Butschkow
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) In Stock

6-10 jaar/years. Kinders is mal oor Speurder Kwaaikofski! Uiteindelik kan hulle nóg ’n heerlike speuravontuur geniet. Kwaaikofski het kompetisie: ’n ander speurder krap in sy slaai! Hierdie ou noem homself ’Koning’ en is heeltemal te groot vir sy skoene. Kwaaikofski kan dit beslis nie daar los nie – hierdie dorp is te klein vir albei van hulle. ’n Speurkompetisie sal bewys wie nou eintlik die speurkoning is!

Speurder Kwaaikofski 14 - Afbeen En Lang Vingers (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 14 - Afbeen En Lang Vingers (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Kwaaikofski lê met 'n gebreekte been in die hospitaal. En boonop besteel 'n dief almal op die kindervloer. Kwaaikofski begin die saak ondersoek - al is sy been in gips. Hy maak Monty, die seun met wie hy 'n kamer deel, sy assistent. Monty kan oral rondloop, maar hy kan nie praat nie, want sy kakebeen is gebreek. Hierdie saak gaan 'n tameletjie wees, maar Kwaaikofski laat hom nie onderkry nie!

Speurder Kwaaikofski 13: Die Boeliebom (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 13: Die Boeliebom (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Kwaaikofski verwag net een ding van skool: rus en vrede! Dit is tog die enigste plek waar ’n besige privaat speurder kan ontspan. Maar nou moet hy ondersoeke in sy eie klas doen!

Die nuwe seun in die klas is in groot moeilikheid. Die oplossing is voor die hand liggend: Kwaaikofski lok die skuldiges in ’n onweerstaanbare soet lokval!

Speurder Kwaaikofski: Omnibus 3 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski: Omnibus 3 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Hierdie keer krap ’n ander speurder krap in sy slaai, hy moet uitvind wie Olga se luukse motor beskadig het en hy beland boonop in die kollig op die verhoog . . .

Speurder Kwaaikofski: Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski: Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Illustrated by Ralf Butschkow; Translated by Kobus Geldenhuys
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir die eerste keer met die van die Slang gekruis het en hy moet 'n vermiste hond opspoor.

Speurder Kwaaikofski 12: Muise En Gespuise (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 12: Muise En Gespuise (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Uiteindelik het Kwaaikofski sy eie rekenaar. Nou hoef hy nie meer sy speursake soos 'n speurder in die Middeleeue op te los nie! En dit is ook nie 'n minuut te laat nie, want Kwaaikofski se nuutste saak lei hom op 'n geheimsinnige dwaalspoor tot diep in die vreemde wereld van kuberkrakers. Hy moet 'n geheimsinnige rekenaarspeletjie genaamd Towertuin opspoor, voor dit dalk te laat is...

Speurder Kwaaikofski 11: Soene en Sirkusse (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 11: Soene en Sirkusse (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Translated by Kobus Geldenhuys
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

’n Sirkusbaas roep Kwaaikofski se hulp in: Sy suster, Vanessa, is die ster van die vertoning, maar ewe skielik maak sy elke keer dieselfde fout. Gewoonlik is haar toertjies foutloos en Kwaaikofski ruik lont. Hy sal gou moet uitvind wie besig is met aapstreke in sirkus Zampano.

Nog ’n heerlike avontuur in hierdie baie gewilde reeks!

Speurder Kwaaikofski 8: Vuilspel en Nat Voete (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 8: Vuilspel en Nat Voete (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Translated by Kobus Geldenhuys
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Olga is ontroosbaar: haar luukse motor is beskadig! Kwaaikofski kom gou agter daar is meer as een motor met krapmerke op. Die leidrade neem hom na die karwassery in Hoofstraat. Maar die eienaar en sy skropborsels en skoonmaakmiddels is dalk baie gevaarliker as wat hy lyk . . . Ouderdom 6-10 jaar.

Speurder Kwaaikofski 6: Honde, Hoede en Hande (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 6: Honde, Hoede en Hande (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Translated by Kobus Geldenhuys
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie – dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter ’n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit ’n uitsondering – Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net ’n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Speurder Kwaaikofski 5: Die Slinkse Slangslenter (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 5: Die Slinkse Slangslenter (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski ’n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangset. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om ’n wêreldklas speurder te word. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Speurder Kwaaikofski 4: Die Nag van die Blou Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 4: Die Nag van die Blou Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Illustrated by Ralf Butschkow; Translated by Kobus Geldenhuys
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig -- hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee -- en nou lyk hy soos ’n blou paaseier. Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . . . Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Speurder Kwaaikofski 3 - Die Pienk Skoolspook (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 3 - Die Pienk Skoolspook (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Translated by Kobus Geldenhuys
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Moet ook nie Kwaaikofski se derde speursaak misloop nie! Kommisarek, die skool se opsigter, het ’n groot probleem: hy glo dit spook by die skool. Die afgelope paar aande hoor hy snaakse geluide en sien vreemde, onaardse skaduwees op die skoolterrein rondsluip. Kwaaikofski skrik natuurlik nie vir ’n koue pampoen nie en hy besluit dadelik om ondersoek in te stel. Maar toe hy die pienk skoolspook een aand om middernag van aangesig tot aangesig aanskou, is selfs hý nie meer so braaf nie . . . Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Speurder Kwaaikofski 2 - Die Geheim Van Die Vlieende Koei (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 2 - Die Geheim Van Die Vlieende Koei (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Illustrated by Ralf Butschkow; Translated by Kobus Geldenhuys
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

6-10 jaar. Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe ’n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie té ondraaglik raak nie. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Speurder Kwaaikofski 1 - Die Kougomstrik (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 1 - Die Kougomstrik (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Translated by Kobus Geldenhuys
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

6-10 jaar. Hierdie opwindende nuwe speurreeks vir beginnerlesers het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop! Kwaaikofski is ‘n 9jarige seun met ‘n avontuurlike stokperdjie: Hy is ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom , want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Sy eerste speursaak is ’n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunsteling-kougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent, Slang, dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind! Die intriges is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Novemberschnee (German, Paperback): Jurgen Banscherus Novemberschnee (German, Paperback)
Jurgen Banscherus
R254 Discovery Miles 2 540 Ships in 12 - 17 working days
Speurder Kwaaikofski: Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski: Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) In Stock

Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibusuitgawe bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van ’n vlieënde blou rubberkoei ontrafel en 'n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Mountain Backgammon - The Classic Game…
Lily Dyu R575 R460 Discovery Miles 4 600
Playstation 4 Replacement Case
 (9)
R56 Discovery Miles 560
Ugreen Cat 6 UTP LAN Flat Cable (Black…
R51 Discovery Miles 510
Everlotus CD DVD wallet, 72 discs
 (1)
R129 R99 Discovery Miles 990
Too Beautiful To Break
Tessa Bailey Paperback R255 R197 Discovery Miles 1 970
Lucky Plastic 3-in-1 Nose Ear Trimmer…
R289 Discovery Miles 2 890
LEGO 2K Drive
R1,199 R399 Discovery Miles 3 990
Students Must Rise - Youth Struggle In…
Anne Heffernan, Noor Nieftagodien Paperback  (1)
R308 R241 Discovery Miles 2 410
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
South African Family Law
Paperback  (5)
R952 R860 Discovery Miles 8 600

 

Partners